Sedert sy formele registrasie in 1995, stap Stellemploy al ‘n lang pad saam met die gemeenskappe van Groter Stellenbosch (Kyk ons geskiedenis). Ons is geregistreer as ‘n Artikel 21 Maatskappy (registrasienommer: 1995/008609/08) en ‘n organisasie sonder winsoogmerk (NWO-registrasienommer: 009-107 NPO).

Die bestuurspan het ‘n unieke kombinasie van vaardighede en ervaring, en het ‘n portfolio van geakkrediteerde kursusse opgebou wat voldoen aan die behoeftes van die hedendaagse arbeidsmark. Ons het ook prosesse ontwikkel wat studente en werksoekers toerus en motiveer om loopbane vir hulself op te bou deur voortdurende selfverbetering.

Ons Operasionele Kantoor is in die hartjie van Stellenbosch geleë (foto’s [AO]) terwyl ons Opleidingsentrum op die plaas Knorrhoek geleë is, tussen Stellenbosch en Klapmuts.