Die realiteit in Suid-Afrika is dat ‘n groot deel van die samelewing steeds onder die las van armoede gebuk gaan waaronder hulle spook om uit te kom. Ons het ’n visie om hierdie armoedesiklus te help breek, juis in ontwikkelende gemeenskappe in die Groter Stellenbosch munisipale gebied. Ons takel die oorsake van werkloosheid deur werksoekers se indiensneembaarheid te verbeter. Ons glo dat deur die werksoeker met die toepaslike tegniese en lewensvaardighede toe te rus, ons hulle kan bemagtig om werksgeleenthede te vind en daarvan gebruik te maak. Dit doen ons deur: