Stellemploy het ‘n paar befondsingsgeleenthede vir donateurs.
- Borg-‘n-kurusus behels dat die koste vir die aanbieding van ‘n spesifike kursus gedek word deur ’n skenking en ons gee erkenning aan sulke donateurs in ons jaarverslag. Typieserwys word kursusse geborg as deel van ‘n instansie se besteding om hul korporatiewe sosiale verantwoordelikheid na te kom. Van ons huidige borge sluit in Cluver Markotter Geïnk., Distell, Remgro, Die PSG-groep, Jannie Mouton Stigting, Stellenbosch Munisipaliteit (Grant-in-Aid) en die Wynlande Distriksmunisipaliteit.
- Borg-‘n-funksie behels dat ‘n bydrae gemaak word tot die koste van ‘n spesifieke funksie, soos vervoer, kos, administratiewe koste en ‘n beurs.
- Ongeoormerkte donasie wat vir enige uitgawes aangewend kan word.
Indien jy graag ‘n donateur in die Stellemploy familie wil word, kontak assbelief vir Betta Augustyn by betta@stellemploy.org.
Stuur assbelief vir ons u kontakbesonderhede sodat osn vir u ’n kwitansie kan stuur en u die belastingvoordeel vir jou donasie aan Stellemploy kan trek.