
BETTA AUGUSTYN
Hoof Uitvoerende Beampte
Nadat sy haar Honneurs in Vervoerekonomie behaal het, het me. Augustyn aanvanklik ‘n beroep in hierdie veld by die Department van Vervoerekonomie aan die Universiteit Stellenbosch beoefen. Haar belangstelling in gemeenskapsontwikkeling het gelei tot die voltooiing van ‘n kwalifikasie in Maatskpalike Werk aan Unisa in 1996. In 1997 begin sy klasgee by Unisa terwyl sy tegelykertyd ook by Stellemploy werk.

GAINO SEGERS
Kantoorbestuurder
Me. Segers, met ‘n agtergrond in Ekonomie, sluit by Stellenploy aan in 1998 in ’n administratiewe hoedanigheid. Met dié dat haar werk op die keuring en registrasie van student fokus, besluit sy om haar bestuurskundigheid uit te brei deur by die International School of Adult Education (ISAE) in te skryf en sy verwerf ‘n Meestersdiploma in Bestuur in 2017 met Volwasseneonderwys en Menslike Hulpbronne as hoofvakke.

CHAVON THEUNIS
Ontvangsdame
Me. Theunis het ‘n Diploma in Finansiële Bestuur by Boland Kollege verwerf. Sy werk sedert Maart 2018 by Stellemploy.