JOHANNES KOORNHOF
Voorsitter
Hannes was vir ongeveer 40 jaar predikant in verskillende gemeentes. Na se aftrede het hy saam met sakemanne die Amicus Trust SA begin met die doel om instansies wat in die groter Stellenbosch omgewing effektiewe werk doen ten opsigte van volwasse vaardigheidsopleiding finansieel en andersins te ondersteun.
WILLIE KOOPSTAD
Na voltooing van sy Diploma in Maatskaplike Werk, het hy in die veld van gemeenskapsontwikkeling vir Diakonale dienste van die kerk gewerk. Daarna was hy by die gemeenskapskorreksiesprogram van die Departement Korrektiewe Dienste betrokke as maatskaplike werker betrokke. Willie het in 2004 sy Meestersgraad in Teologie voltooi en leef tans sy passie, om diensbaar te wees vir God en medemen, uit as voltydse predikant in die VGK SA Kylemore gemeente.
DWIGHT BOURBON-LEFTLEY
Finansies
Dwight, ‘n Geoktrooieerde Rekenmeester GR (SA) (Honneurs B. Compt en Nagraadse Dimploma in Ouditkunde), was met die aanvang van sy klerkskap by PricewaterhouseCoopers in 1999 tot beëindiging van sy werksaamhede by PWC as Ouditeur in 2008 op die Stellemploy ouditspan. Hy het by die kliënt betrokke geraak nadat hy op ‘n Maandagoggend ingeroep is na een van die vennote se kantoor, waar Dwight meegedeel is dat daar in gesprek tussen die vennote oor die naweek besluit is dat hy net die man is om Stellemploy te bedien. Die opdrag was eenvoudig: kyk mooi na die PWC kliënt, bou ‘n goeie verhouding en lewer ‘n uitstekende diens. Derhalwe sluit hy by die Direksie aan in 2009 nadat hy in die privaatsektor begin werk as Finansiële bestuurder.
LINDA JACOBS
Linda is ‘n gekwalifiseerde Maatskaplike Werker wat tans as Projekbestuurder by die Stellenbosch Werksentrum vir Volwasse Persone met Gestremdhede werksamig is. Sy het voorheen vir 32 jaar opgetree as Projekbestuurder by Matie Gemeenskapsdiens.
VIRGINIA JUMAT
Virginia het aanvanklik ‘n Onderwysdiploma bekom, maar terwyl sy werksamig was in finansies by Gilbeys en die Cape Saw Mill in Stellenbosch het sy ook ‘n Finansiële diploma voltooi. Nou afgetree, is sy betrokke by die Rynse gemeente in Stellenbosch en tree as Skriba op.
CHRIS BESTER
Chris konsulteer in die kleinhandelsektor as projekbestuurder van besigheids-en stelselveranderingsprojekte na voltooing van ‘n B.Com graad in Rekeningkunde en Bestuursrekeningkunde en afhandeling van sy oudit klerkskap. As lid van die Stellenbosch United Church is hy betrokke by van hul sosiale ondersteuningsprogramme in Kayamandi.