Visie
Om die armoedesiklus in die ontwikkelende gemeenskap in die Groter Stellenbosse Munisipale Gebied te help verbreek deur die oorsake van werkloosheid te bestry en aanstelbaarheid te verbeter.
Missie
Die toerusting van werksoekers met toepaslike tegniese en lewensvaardighede en hulle daardeur te bemagtig om werksgeleenthede uit te soek en te benut.
Uitkomste
- Vakleerlinge en ander werksoekers kry sinvolle werk.
- Vakleerlinge ervaar persoonlike transformasie (eiewaarde; aanvaar verantwoordelikheid vir hulself).
- Vakleerlinge word positiewe veranderingsagente in hul gemeenskap.
- 25% vakleerlinge word toegerus en in staat gestel om die armoedesiklus te breek.