Werkloosheid en armoede het ‘n striemende invloed op die gemeenskap van Stellenbosch. ‘n Studie wat in 1995 deur die Universiteit van Stellenbosch se Departement van Sosiologie gepubliseer is, het die hoë vlakke wat werkloosheid in Kayamandi, Cloetesville en Idasvallei bereik het, uitgelig. Om die probleem die stryd aan te sê is Stellemploy, ‘n organisasie sonder winsbejag, in 1995 gestig om die ontwikkelende gemeenskappe van die Groter Stellenbosch te bedien.
Stellemploy het spoedig besef dat jongmense ‘n opdraande stryd het om die arbeidsmark te betree omrede hul nie beskik oor vaardighede wat deur die mark verlang word nie. Die waarneming word onderskryf deur Statistiek Suid-Afrika se syfers, wat toon dat slegs 12,3% van Weskapenaars 20 jaar en ouer enige opleiding na graad 12 ontvang het. Opleidingsvlakke is so laag dat slegs 28,2% van diegene blootgestel was aan sekondêre opleiding op die graad 10 tot 12 vlak. Vandaar die krisisbenemende werkloosheidsvlak van 68,2% onder die 18 to 35 ouderdomsgroep in die Weskaap, ‘n groep wat ‘n betekenisvolle 29,3% van die bevolking verteenwoordig.
In 1999 het ons afgeskop met tuinmaak-vaardigheidsopleiding om aan voornemende werknemers se behoeftes te voldoen. Dit is gevolg deur geakkrediteerde elektriese vaardigheidsopleiding. In 2002 het Stellemploy die Beltana opleidingsfasiliteit geopen en was daardeur strategies geposisioneer om deel te word van die Stellenbosch Munisipaliteit se Geïntegreerde Ontwikkelingsprogram. Dit is moontlik gemaak deur befondsing van die Swiss South African Cooperation Initiative (SSACI) op ‘n perseel bewillig deur die Universiteit Stellenbosch. In 2005 het Distell ‘n ongebruikte skool op die plaas Groenhof net buite Stellenbosch aan Stellemploy beskikbaar gestel om omskep te word in ‘n ruimer opleidingsfasiliteit. Die fasiliteit is voorberei om die aanbieding van geakkrediteerde vakleerlingopleiding, tuinier- en sjefvaardighede deur ‘n bewilliging van SSACI en is in 2007 ge-open.
Ter waarneming van die ywer en passie van sjef vaardigheidsvlak studente en die luister na hul wense om “regte sjefs te word, maar daar is nie fondse daarvoor nie” het Stellemploy in 2011 die Instituut vir Kookkuns (ICA) genader. Die uitvloeisel was dat Stellemploy uitgenooi is om as ‘n satellietkampus van ICA te registreer vir die City & Guilds se kursus vir hul geakkrediteerde Sertifikaat in Voedselvoorbereiding en Kookkuns, met dien verstande dat Stellemploy hul eie fondse moes bekom. Met befondsing van SSACI en Distell is ‘n loodsprogram van stapel gestuur, waartydens vyf studente met verdienste en die res met meriete geslaag het, almal werk gekry het en in ‘n posisie geplaas is om uit die armoedesiklus te ontsnap. Die Amicus Trust SA het ‘n verhouding met die AALL-stigting fasiliteer, wat dié uiters suksesvolle opleidingskursus reeds tot 2019 befonds het. Met die beëindiging van die City & Guilds akkreditasieprogramme is akkreditasie belyn met die Highfield International Diploma-program.
Stellemploy is dankbaar vir die voortdurende ondersteuning van ‘n wonderlike groep Donateurs wat dit moontlik gemaak het vir vele jongmense om uit armoede te ontsnap en onafhanklike bydraers tot die Stellenbosse gemeenskap te word, waaronder die langtermyn finansiële ondersteuning van kerke, privaat donateurs, Amicus Trust SA, Het Jan Marais Nationale Fonds, Jannie Mouton Stigting, Cluver Makotter Geïnk. en groot instansies soos Distell, Die PSG-groep BEE Werkverskafferstrust, Remgro, Die AALL-stigting en die Stellenbosch Munisipaliteit.