Voel jy vasgevang in ’n armoedesiklus? Sukkel jy om ‘n werk te kry en ‘n loopbaan te bou? Dit is die realiteit vir baie Suid-Afrikaners:

Ons visie is om hierdie armoedesiklus in en om Stellenbosch te help breek. Ons doen dit deur werksoekers se vaardighede te verbeter sodat hulle ’n werk kan kry wat kan lei tot ’n vaste inkomste, ’n loopbaan en ’n beter toekoms.
Ons glo dat deur die werksoeker met die toepaslike tegniese en lewensvaardighede toe te rus, ons hulle kan bemagtig om werksgeleenthede te vind en daarvan gebruik te maak. Dit doen ons soos volg:

