Om relevant te bly streef Stellemploy voortdurend daarna om sy uitsette en sakebenadering aan te pas by die veranderende behoeftes van die Groter Stellenbosch gemeenskap. Die fondament van ons volhoubaarheid is die ervaring wat ons opgedoen het en die verhoudings wat ons gekweek het sedert ons ontstaan in 1995. Dit word tasbaar in:
- die opgeboude surplusreserwe van R927 680 soos op 28 Februarie 2019, wat omtrent ‘n jaar se vaste koste dek (soos deur die ouditeure as goeie sakepraktyk vereis); en
- ons surplus in vyf opeenvolgende jare tot Februarie 2019.
Ons laekosteïmpak-sakemodel verlaag die volhoubaarheidsrisiko. Nadere inligting word in ons Jaarverslae aangebied.