Daar is geen koste vir werkverskaffers wat Stellemploy vir plasings gebruik nie. Werkverskaffers neem soos volg aan die plasingsproses deel:

  • Word ‘n lid van ons werkverskaffersfamilienetwerk wat van tyd tot tyd vakleerlingskappe of werk aan studente verskaf wat Stellemploy se kursusse voltooi;

  • Kontak Stellemploy op ‘n ad hoc-basis wanneer posisies beskikbaar raak vir werkers wat opgelei is in een van die reeks vaardighede wat Stellemploy aanbied.

Om ‘n werkverskaffer in ons werkverskaffersnetwerk te word en voordeel te trek uit ons keurings- en plasingsproses, maak só:

  • Kontak Stellemploy vir ‘n afspraak.

  • Stellemploy fasiliteer verder alle afsprake tussen geregistreerde werkverskaffers en ons vaklui/werksoekers.